Die toekoms van Gedrukte Media

Foto: 1920newspaper.yolasite.com

Foto: 1920newspaper.yolasite.com

Vanaf toeka se tyd kry ons nuus in die vorm van koerante, regoor die wêreld. Maar is dit besig om te verander? Definitief. Die nuwe era van media het aangebreek en gedrukte media se toekoms lyk nie baie blink nie.

Elke man, vrou en kind het vandag toegang tot die internet. Of dit nou ‘n rekenaar of ‘n selfoon is, òf hierdie nuwe katoeters wat my vreeslik laat dom voel. (iPad, Tablets ens.) Kinders wat maar net twee jaar oud is, loop al met ma en pa se selfoon in die hand en weet wat dit is en hoe om dit te gebruik. Dis ongelooflik om te sien. Die nuwe generasie word basies met rekenaarvaardigheid gebore. En dit is waarom die toekoms van media in die kuberruimte lê.

Mediahuise begin al meer gebruik maak van die internet om nuus te versprei, juis omdat dit so ‘n gewilde platform is vir alledaagse mense.

Koerante is besig om uit te sterf, dit gaan wel nog ‘n paar jaar vat, maar dit is onvermydelik. Webwerwe is vinniger, goedkoper en lok meer lesers. Nuus word ook op sosiale media versprei, wat beteken soos gebeure verloop, kan dit dadelik op die web gelaai word deur platforms soos Twitter, Facebook en Instagram.

Baie mense se lewens is geriefliker gemaak deur media wat nou op die internet orals beskikbaar is.

Advertisements