Foto: rsg.co.za

Foto: rsg.co.za

Krisis na krisis na ramp en weer terug na krisis. Suid-Afrika se een dilemma na die ander. As dit nie Apartheid is nie, is dit resessies, as dit nie resessies is nie, is dit ons water krisis, elektrisiteit krisis, daar is ongelooflik baie. En nou sit ons met die krisis van goeie (of altans gebrek daaraan) onderwys.

Suid-Afrika staar nogsteeds die realiteit van twee verskillende onderwys stelsels in die gesig. Disfunksionele – en funksionele skoolopleidingstelsels. Net 25% is funksioneel. SA spandeer amper vyf keer meer op een leerder as wat Kenia spandeer, en bereik nogsteeds minder. In 2013 het Angie Motshekga, Minister van Basiese Onderwys, ontken dat daar ‘n krisis is. Ongeveer 1.2 miljoen kinders is in 2001 in graad 1 ingeskryf. Net 44% het in die sisteem gebly om hulle Nasionale Senior Sertifikaat te kry. ‘n Lae syfer van net 12% van daardie 44% het universiteitstoelating gekry en net 11% het wiskunde deurgekom met ‘n punt van 40% of meer. Ja, Angie, geen probleem hier, hoor.

Nicholas Spaull se statistieke bewys dat Suid-Afrika se onderwys stelsel weereens in ‘n krisis is. Dan moet ons die vraag vra, waar lê die toekoms van die volgende generasies as die toestand van onderwys nou al so swak lyk? Word daar moeite gedoen om die situasie te verbeter of word dit net so aanvaar?

Ek wil amper sê ons sal moet wag en kyk, maar gaan dit nie teen daai tyd al te laat wees en die skade al gedoen wees nie? Die tyd is nou om dit reg te stel, maar wat kan ons as publiek aan die saak doen. Gaan meeste mense soos die liewe Angie alles net ontken en weier om te aanvaar dat daar wel ‘n baie groot probleem is?

 

Bronne:   Nicholas Paul Research, allafrica.com

 

Advertisements