Tags

, ,

Foto: solidariteitbeweging.co.za

Foto: solidariteitbeweging.co.za

Suid Afrika het die derde hoogste werkloosheidsyfer vir jong mense in die wêreld, soos berig deur eNCA. Saam met Suid Afrika in die top 5 is dit Griekeland en Spanje, wat die hoogste werkloosheidsyfer in die wêreld het, asook Portugal en Italië.

Die 2014 Wêreld Ekonomiese Forum van Globale Risiko Verslag skat dat meer as die helfte van alle Suid Afrikaners tussen die ouderdomme van 15 en 34, werkloos is. Dis inderdaad skrikwekkend as ons dink aan die toekoms van diè generasie se jeug. Maar wat is die redes wat daartoe lei? Is dit pure luiheid van die jong mense, of is die ekonomie teen ons gekant?

Of is dit die moontlikheid dat daar net eenvoudig nie werk is nie? Soek hulle dalk die kleinste, maklikste werk vir die meeste moontlike geld? As dit die geval is, moet jong mense net besef dat jy onder moet begin. Dit is die realiteit. Al verdien jy “peanuts” of inteendeel, kry jy glad nie betaling nie, dis ‘n noodsaaklike stap in die regte rigting vir jou toekoms.

Werkgewers bied nie sommer ‘n pos aan vir iemand met geen werksondervinding nie. Internskappe is altyd ‘n goeie manier om te begin en bevorder. Dan kom die ander waarheid. ‘n Persoon wat vir jare gaan studeer het om ‘n diploma of graad te kry om iets te kan doen waarvoor hulle regtig lief is en waarin hulle goed is, om net dan by ‘n maatskappy in te stap en te hoor ondervinding regs en ondervinding links, ondervinding bo en onder. Niemand kan stry dat ondervinding wel belangrik is en ‘n goudmyn werd is nie, maar bitter min werkgewers is bereid om die kans te waag op ‘n person wat nog nie hulle werd bewys het nie.

So, as jy in diè kategorie val van ‘n werklose jong volwassene in Suid-Afrika, moenie moed verloor op dit wat net in jou krag is om te verander nie. Bewys jouself voor jy besluit daar is nie hoop nie.

Bronne: SABC, eNCA